1. Managing Director
  2. Managing Director
  3. Managing Director
  4. Managing Director
  5. Managing Director
  6. Managing Director
  7. Managing Director
  8. Managing Director
  9. Managing Director
  10. Managing Director
  11. Managing Director
  12. Managing Director

Vermaak

Wildsveiling

As jy lief is vir skoffel en lus is vir 'n lekker makietie, dan is die Broers net die regte medisyne. Vrydag 28 en Saterdag 29 April 2017 by die Windhoek Draught Outjo Wildsfees

Top kunstenaars soos Mwah!, ADAM, Jakkie Louw, Bok van Blerk, Wynand en Cheree asook die Suidwes Boere-orkes en ander Namibiese sangers het die verhoog gedeel vir musiek en vermaak uit die boonste rakke. ‘n Vlam- sowel as digitale Poi-vertoning het bygedra tot die feestelike atmosfeer.

Die baie suksesvolle jaarlikse Wildveiling word in samewerking met Otjikondo Boerevereniging en Du Preez Wild aangebied en top genetika van veral Bastergemsbok bly ‘n groot aantrekkingskrag vir Wildtelers.

Die volgende veiling vind plaas op Vrydag 28 April 2017 om 12:00.

Ons gaan groot !

Vermaak vir almal.

Ons gee terug
Outjo Wildsfees is ‘n Gemeenskapsprojek en ‘n Finansiële Ondersteuningsorganisasie, en as gevolg van die sukses van die fees is dit  ‘n groot voorreg om jaarliks aan die gemeenskap terug te gee.  Begunstigdes vir 2016 sluit in:  
  • Outjo Kankervereniging
  • Have-a-Heart Spay and Neuter project
  • Komberse-vir-almal projek
  • Skole en welsynsorganisasies

OUTJO WILDSFEES 2016 – DIE ENIGSTE WILDSFEES IN NAMIBIë!
Die 13 de Windhoek Draught Outjo Wildsfees het plaasgevind op 29 & 30 April 2016 by Sophienhof Lodge net buite Outjo, en weer eens was dit ‘n fees om te onthou!  Feeshekke het Vrydag om 08:00 geopen met vermaak, aktiwiteite, kompetisies, stalletjies en eetgoed vir almal se smaak.Aktiwiteite het ‘n Rodeo, perdevertoning, skyfskiet, waterkaskenades, fietswedren, ‘fear factor’ en ‘n talentkompetisie ingesluit. Die immer gewilde Proe & Kuiertent het uit sy nate gebars en besoekers kon proe aan wyn, kaas, sushi, verskillende soorte wildsvleis, olyfprodukte en nog vele meer. Sjefs Sanet Prinsloo en Jeff Sheuremans het die kompetisies beoordeel en wenke vir die maak van regte boerewors uitgedeel. Die Pêrels en Vere ontbyt met Leandie du Randt en Fanie de Villiers as motiveringsprekers was ‘n welkome verrassing en pitkos vir die siel.

Kom geniet die naweek saam ons !